Hoe bevoorreg was ons om weer deel te wees van die Meiringspoort 21km & 12.5km padwedloop wat jaarliks 4500 hardlopers na ons dorpie, De Rust, bring. Ons gaan nie eers die skatting waag met al die ondersteuners en familie nie, dit is duisende mense. Hierdie is beslis ‘n hardloop wat jy nie moet mis nie en as jy dit nog nooit gedoen het nie hou gerus nou al hulle webtuiste dop vir wanneer volgende jaar se inskrywings oopmaak. Ons was weereens ‘n borg en het deelgeneem aan die prysuitdeling en deel graag die foto blog met julle. Baie geluk aan almal wat deelgeneem het, dit was vir ons heerlik om betrokke te wees hierdie jaar en sien julle volgende jaar weer!
Lees meer oor die Meiringspoort 21km & 12.5km padwedloop hier: https://www.meiringspoort21.co.za/