De Rustica Olyf Estate het hierdie jaar die geleentheid gekry om vir die ‘Los Angeles International Extra Virgin Olive Oil’ kompetisie 2019 in te skryf en was die enigste Suid Afrikaanse produsent wat goud ontvang het vir hul enkel-varietyd Coratina olyf olie.
Die 2019 ‘Los Angeles International Extra Virgin Olive Oil’ kompetisie het 530 olyf olies van 302 produsente wêreldwyd ontvang. Daar was ‘n totaal van 136 goue medalje-toekennings, 126 silwermedalje-toekennings en 91 bronsmedalje-toekennings. Die ‘Los Angeles International Extra Virgin Olive Oil’ kompetisie vier sy 20ste bestaansjaar in 2019. Die kompetisie is baie passievol in hul opvoeding van die publiek oor gehalte olyfolie, met kundiges van die bedryf met uitgebreide kennis oor seleksie, smaak en kosparings.
Dit is nie die eerste keer wat hierdie enkel-varietyd ‘n goue toekenning gewen het nie. Dit het goud gewen by die 2018 New York International Olive Oil Competition, asook by die 2018 Sol D’oro Southern Hemisphere. De Rustica se enkel-varietyd Coratina olyf olie se aroma is beslis en ruim, ryk aan geurige groen wenke van kruisement en roosmaryn, met ‘n definitiewe noot van artisjok.
De Rustica is ‘n trots Suid Afrikaanse Olyf Olie produseerder vanaf 2012, gebaseer naby De Rust in die Klein Karoo. Om De Rustica Estate se ander enkel varietyd olyf olies te sien, besoek hul webtuiste by www.derustica.co.za, of vir meer inligting kontak Precilla Steenkamp by 044 241 2543.